Die spelonkbaber (Clarias cavernicola) is 'n varswater vis wat endemies is aan die Aigamasgrot naby Otavi, Namibië. In Engels staan die vis bekend as die Cave catfish. Dit is geklassifiseer as 'n kritiek bedreigde spesie.
Voorkoms Die vis het 'n kort kop, kleiner of geen oë nie, lang lyf en het geen pigmente nie wat aan die vis 'n bleek, gelerige voorkoms gee. Die vis word tot 161 mm lank.
Habitat Die vis woon net in die ondergrond meer in die Aigamasgrot.Cave catfish (Clarias cavernicola) at ARKive . Images of Life on Earth
Die leef op rotsbanke in oop, helder water en vreet vlermuismis, dierkarkasse en enige insekte wat in die grot se meer mag val.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Clarias-cavernicola.html
Kategorie:Beenvisse