Clarias, is 'n visgenus wat hoort tot die familie Clariidae. Die genus word maklik herken aan die kop van been, lang sagte dorsale en anale vinne, groot mond met vier pare baarde en die kamer bo die kieue met die asemhaalorgaan daarin. Daar is 32 spesies van die genus in Afrika waarvan ses in Suider-Afrika voorkom.
Spesies Die volgende spesies kom in Suider-Afrika voor: Clarias cavernicola - Spelonkbaber Clarias gariepinus - Skerptandbaber Clarias liocephalus - Sagkopbaber Clarias ngamensis - Stomptandbaber Clarias stappersii - Gevlekte baber Clarias theodorae - Slangbaber
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse