Damavand (Persies: دماوند, [dæmävænd], ) is 'n rustende, maar potensieel aktiewe vulkaan in die Elboers-bergreeks van Iran. Die piek, wat in die noordelike provinsie Māzandarān geleë is, is op 'n hoogte van 5 610 m die hoogste in Iran en die hele Nabye Ooste. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.
Geografie duimnael|links|Damavand in die winter Die Damavand verrys as 'n slapende vulkaankeël, wat tans slegs klein hoeveelhede rook uit sy krater blaas, sowat 70 km oos-noordoos van Teheran en suid van die Kaspiese See en toring bo die Elboers-reeks uit. Dit is naas Kilimandjaro in Kenia een van die hoogste vrystaande bergpieke ter wêreld. Die hoogteverskil tussen sy voet en sy spits beloop 4 700 m en dus aansienlik meer as dié van Berg Everest in die Himalajaberge.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Iran Kategorie:Vulkane Kategorie:Vulkaniese Sewe Kruine