Die gewone bergbaber (Amphilius uranoscopus) is 'n wydverspreide varswatervis wat inheems is aan verskillende rivierstelsels in Afrika. Dit is aanwesig in die Okavango- en Zambezirivier-stelsels, maar word ook in die ooskusriviere van Suider-Afrika suidwaarts tot by Mkuze in KwaZulu-Natal gevind. Die vis is verder inheems aan Sentraal- en Oos-Afrika. In Engels staan dit as die common mountain catfish of stargazer mountain catfish bekend.
Voorkoms duimnael|links|Uit 'n sytak van die Assegaairiviernaby Piet Retief, Mpumalanga Die vis het 'n lang skraal lyf en die stertvin is ietwat gevurk. Dit is normaalweg geelbruin tot grysbruin van kleur. Die vis word tot 170 mm lank.
Habitat Die vis leef in helder, vinnigvloeiende water in rotsagtige omgewings. Hulle vreet insekte en ander klein organismes van die rotse af en broei in die somer. Hulle val uitheemse forelle ten prooi.
Trivia Die naam uranoscopus verwys na die oë wat bo-op die kop geplaas is, soos die Engelse naam stargazer suggereer.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Amphilius-uranoscopus.html
Kategorie:Beenvisse