Die Net ot Netjie (Latyn: Reticulum) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Die Latynse naam verwys na die kruisdraad voor die oogstuk van ’n teleskoop wat gebruik word om sterposisies te meet. Die sterrebeeld bevat geen helder sterre nie. Net twee sterre is helderder as 5 mag: Alpha en Beta Reticuli.
Die sterrebeeld is in 1621 geskep deur Isaac Habrecht II, wat dit "Rhombus" genoem het.AtlasCoelestis.com: "Jacob Bartsch ― Usus Astronomicus Planisphaerii Stellati Argentoratum (Strasburgo) 1624" Die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille het dit in die 18de eeu tydens ’n besoek aan Kaapstad hernoem na "Réticule Rhomboide" om die kruisdraad van sy teleskoop te gedenk. Dit is later na die Latynse "Reticulum" verander in sy sterkatalogus Coelum Australe Stelliferum. Die sterrebeeld is in 1922 vir die eerste keer erken.
Verwysings
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Reticulum The clickable Reticulum Star Tales – Reticulum
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia