Aethiomastacembelus (Afrika stekelpalings) is 'n vis genus wat hoort tot die familie Mastacembelidae. Die genus kom slegs in Wes- en Sentraal-Afrika voor. Die voorste gedeelte van die dorsale vin bestaan uit 15 tot 34 stekels gevolg deur 'n sagter straal vin wat aaneen skakel met die stert- en pensvin. Daar is 18 tot 19 spesies wat hoort tot die genus waarvan drie in Suider-Afrika voorkom.

Spesies Die volgende spesies is deel van die genus: Aethiomastacembelus frenatus - Langstert-stekelpaling Aethiomastacembelus shiranus - Shire-stekelpaling Aethiomastacembelus vanderwaali - Kolvin-stekelpaling

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse