Microctenopoma is 'n genus van visse wat aan die familie Anabantidae behoort. Hierdie genus het 12 spesies wat in Sentraal-Afrika voorkom waarvan een in Suider-Afrika voorkom. Hierdie genus is onlangs eers bevestig. Kenmerkend; die spesie bou lugborrel neste en is oor die algemeen donker bruin of swart van kleur.
Spesie Die enigste spesie wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Microctenopoma intermedium - Swartkol-kurper
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse