Die Kolvin-stekelpaling (Aethiomastacembelus vanderwaali) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier en boonste gedeelte van die Zambezirivier. In Engels staan die vis bekend as die Ocellated spiny eel.
Voorkoms Die vis lyk baie soos die Langstert-stekelpaling maar het minder stekels op die rug, die kop is groter en die kleure van die vis is helderder. Die kleure wissel van olyf bruin tot donker bruin of swart en die vis word tot 180 mm lank.
Habitat Die vis leef in rotsagtige stroomversnellings in skeure en vreet insekte vanaf die rotse.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Mastacembelus-vanderwaali.html
Kategorie:Beenvisse