Die Shire-stekelpaling (Aethiomastacembelus shiranus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Shirerivier en Malawimeer. In Engels staan die vis bekend as die Shire spiny eel.

Voorkoms Die lyf is lank, slank en palingagtig met die kop en stert gepunt. Die lippe is dik en vlesig. Die vis is bruin met 'n fyn patroon op die stert gedeelte. Die vis word tot 260 mm lank.

Habitat Die vis leef in plante langs die kante van vinnig vloeiende riviere. Hulle word ook in rots skeure gevind. Die vis vreet insekte en klein ongewerweldes.

Trivia Daar word vemoed dat die spesie dieselfde kan wees as die Langstert-stekelpaling.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Mastacembelus-shiranus.html

Verwysings

Kategorie:Beenvisse