Die Langstert-stekelpaling (Aethiomastacembelus frenatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kafuerivier. Hulle kom ook voor in die Kongorivier en Victoria- en Tanganjikamere. In Engels staan die vis bekend as die Longtail spiny eel.
Voorkoms Die lyf is lank, slank en palingagtig met die kop en stert gepunt. Die lippe is dik en vlesig. Die vis is bruin met 'n fyn patroon op die stert gedeelte. Die vis word tot 310 mm lank.
Habitat Die vis leef in plante langs die kante van vinnig vloeiende riviere. Hulle word ook in rots skeure gevind. Die vis vreet insekte en klein ongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Mastacembelus-frenatus.html
Kategorie:Beenvisse