Louis van Rensburg (* 31 Julie 1944 – † 9 September 2012) was ’n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir 'n enkeling, waaronder die liedjie "Voshaarnooi". Hy het ook klankbane vir verskeie ander TV-reekse soos Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie-Walie, Geknelde land, Meester en Arende geskryf. Meer onlangs het hy die temamusiek vir die sepie 7de Laan geskryf.Bekende Afrikaanse sanger-liedjieskrywer sterf, Nuus24, 10 September 2012

Van Rensburg is op die ouderdom van 68 oorlede nadat hy ’n maand vantevore in die Garden City-kliniek in Johannesburg met longontsteking opgeneem is.Bekende sanger oorlede , Volksblad, 9 September 2012 Hy laat sy vrou, Rita en twee seuns, Louis en Jacques agter.

Albums Van Rensburg se albums:louisvanrensburg.co.za, besoek op 10 September 2012

Solus Sewe (1973) Diverse Opnames (1974–1994) Ek ken ’n Melodietjie (1975) Ek en my Nooientjie (1976) Bosveldwinkel (1980) Katvoet (1981) Bosveldhotel, die moevie (1982) Windharp teen die tyd (1983) Oom Lewies se Bosveldmusiek (1985) Ballade vir ’n Enkeling (1986) Voshaarnooi(1987) My Musiek (1992) Ballade vir ’n Enkeling 2 (1993) Arende – Transkripsie (1994) Arende – Select (1994) Endangered Species (1995) Jy mag maar (1999) 7de Laan (2000) Tuiskoms (2012)

Hy het ’n SAMA-toekenning vir sy album Jy mag maar ingepalm.

Liedjies Van sy bekendste liedjies is Voshaarnooi, Op My Ou Ramkietjie en Bella Boklam.

Ballade vir 'n Enkeling VoshaarnooiDie woorde van Richard van der Westhuizen se liedjie Ballade vir 'n Enkeling lui as volg: (Louis en Richard het saamgewerk aan die klankbaan van die reeks.)musiek.co.za , besoek op 10 September 2012.

Vreemde nag Skarlaken nag Koerantpapiere, baksteenmure

Neon nag Sirenes onder 'n donker maan Nag na nag mens na mens

Donker nagte, onverwagte Skadufigure

En elkeen is uiteindelik Enkeling, vreemdeling, verstoteling

Rug gedraai op die ligtekring Agterstevoor, onderstebo Vreemdeling, enkeling, alleen

Dag na dag Staat na straat Kaart na kaart mens na mens

Nag na nag Dans na dans is elkeen 'n enkeling Vreemde nag Skarlaken nag

Koerantpapiere, baksteenmure Neon nag Sirenes onder 'n donker maanDie woorde van Voshaarnooi, sy toonsetting van Boerneef se gedig:Die Oerknal van die liefde, besoek op 10 September 2012

Bantam hom so en flennie die snare Ek is verlief op die kind Die son slaan vuur uit die sweetvoshare Ek is verlief op die kind Hoor jy meisie met die sweetvoshare verstaan jy die praat van die ramkie snare Ek is verlief op jou kind Lappa lei vir Bella koud, in Waboomskloof se geelbossies Lappa maak vir Bella stout, Met Hanepoot se natrossies Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar My hart blom wit vir die voshaarnooi Pluk heide van die rooiste rooi Vir hierdie einste voshaarnooi Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, dis heiderooi Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, dis heiderooi Vir jou my voshaar meisiekind

Kyk ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Kitaarspelers Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2012