Die Noordelike skulpoortjie (Kneria polli) is 'n varswatervis wat voorkom in die boonste gedeeltes van die Zambezi-, Kunene- en Okavangoriviere. Die vis lyk baie soos die suidelike skulpoortjie en word ongeveer 70 mm lank. Daar is nie 'n donker kol by die basis van die buikvinne nie. In Engels staan die vis bekend as die Northern kneria.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Skelton, Paul: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. 2001.

Eksterne skakel Kneria polli by FishBase

Kategorie:Beenvisse