Kneria is 'n genus van visse wat aan die familie Kneriidae behoort. Mannetjies van die genus het klein, skraal skyf-vormige organe (die skulpoortjie) op die operkulum en aangrensende lyf gedeelte. Hulle gebruik die orgaan om die wyfie te voel tydens broeityd om sodoende kontak te verseker.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus: Kneria auriculata - Suidelike skulpoortjie Kneria maydelli - Kunene skulpoortjie Kneria polli - Noordelike skulpoortjie
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse