Kneriidae (skulpoortjies) is 'n vis-familie van die orde Gonorynchiformes wat inheems is aan Afrika. Dit is 'n familie van klein vissies wat in strome leef. Hulle kom hoofsaaklik voor in die Kongorivier-stelsel en omliggende riviere. Wanneer die familie bedreig voel gee hulle 'n feromoon af as waarskuwing. Daar is twee genera in die familie en vyf-en-twintig spesies waarvan vyf in Suider-Afrika voorkom.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Kneria Kneria auriculata - Suidelike skulpoortjie Kneria maydelli - Kunene skulpoortjie Kneria polli - Noordelike skulpoortjie
Parakneria Parakneria fortuita - Cubango-skulpoortjie Parakneria mossambica - Gorongosa-skulpoortjie
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse