IFK Göteborg is met 18 kampioenskappe en 2 UEFA Bekers die suksesvolste Sweedse sokkerspan en speel in die Alsvenskan. Die span se tuisveld is die Gamla Ullevi (kapasiteit: 19 000 toeskouers) in Gotenburg, wat hulle deel met hulle Gotenburgse mededingers GAIS en Örgryte IS. Vir belangrike wedstryde verplaas IFK na die Nya Ullevi, wat 40 000 sitplekke het.
Erelys Sweedse kampioen (18) 1908, 1910, 1918, 1935, 1942, 1958, 1969, 1982, 1983, 1984, 1987, 1990, 1991, 1993, 1994, 1995, 1996, 2007 Sweedse beker (5) 1979, 1982, 1983, 1991, 2008 (naaswenner (5): 1986, 1999, 2004, 2007, 2009) Sweedse Supercup (1) 2008 UEFA-beker (2) 1982, 1987
Bekende sokkerspelers Sven-Göran Eriksson Ove Kindvall
Kategorie:Gotenburg Kategorie:Sweedse sokkerklubs