Die buig-my-nie of Afrikaanse buksboom (Buxus macowanii) is 'n regopgroeiende boom met een of meer stamme en hangende takke. Die plant is endemieshttps://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:340299-1 aan Suid-Afrika en die FSA nommer is 358. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes voor.
Dit is bladhoudend, groei baie stadig en word 4 tot 10 meter hoog. Dit is gehard, rypbestand en ook droogtebestand. Die boom dra klein groenerige blommetjies van winter tot lentetyd. Die ryp vrugte is bruinerig en die blare heldergroen. Dit kan in potte geplant word, tot 'n bonsai gesnoei word, en kan ook in allerhande vorme, soos heinings of lolliepop-boompies, gesnoei word.Inligting op plantzone.co.za, besoek op 9 September 2012
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika