duimnael|links|Verspreiding van Hawais in die Verenigde State (2000-sensus) Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii.
Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Hawaii Kategorie:Polinesiese tale Kategorie:Tale van Oseanië Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika