Die 2013 Superrugbyseisoen het in Februarie 2013 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die derde seisoen van die vergrote 15-span-toernooi en die 18de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Daar is elke naweek van 15 Februarie tot 13 Julie gespeel (met ’n drie-week breuk tussen rondtes 17 en 18 vir internasionale wedstryde) en die eindwedstryd is op 3 Augustus 2013 beslis.

Die kompetisie was oor 23 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel was (daar was dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Met die nuwe formaat het die seisoenwedstryde uit twee tipes wedstryde bestaan, nl.: Intergroepwedstryde – Elke span het tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep gespeel, in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe) Tussengroepwedstryde – Elke span het teen vier van die spanne van die ander twee groepe gespeel, waarvan vier wedstryde tuis was en vier wedstryde weg. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.

Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleer ongeag hul plek in die groep, het in die uitspeelwedstryde gespeel. Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleer) het die eerste ronde van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie ontvang. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër het in ’n tuiswedstryd teen die span wat vyfde was, uitgespeel. In die halfeindrondes het die tweede groepwenner uitgespeel teen die span wat die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste groepwenner het dan teen die ander uitspeelrondewenner gespeel. Die eindronde was ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.

Op 16 Augustus 2012 is bekendgemaak dat die Southern Kings aan die seisoen gaan deelneem. Die span is ingesluit ten koste van die Lions weens hulle teleurstellende seisoen in 2012. Die Lions het egter die geleentheid na afloop van die 2013-seisoen aangegryp tydens twee promosie/relegasiewedstryde en die Kings toe met 'n beter puntetotaal geklop. Hulle word nou die vyfde span in die Suid-Afrikaanse konferensie vir die 2014 Superrugbyseisoen.

Punte

Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) BP1 = Bonuspunt toegeken vir ’n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. BP2 = Bonuspunt toegeken aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry. LL = Bonuspunte toegeken vir ’n loslootjie. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is

Die span wat die week ’n loslootjie het kry vier ligapunte

Ronde vir ronde

Wedstryddatums DatumDatumWeek 115–16 FebruarieWeek 1310-11 MeiWeek 222-23 FebruarieWeek 1417-18 MeiWeek 31-2 MaartWeek 1524-25 MeiWeek 48–10 MaartWeek 1631 Mei-1 JunieWeek 515–16 MaartWeek 177-9 JunieWeek 622–24 MaartWeek 1828-29 JunieWeek 729-31 MaartWeek 195–6 JulieWeek 85–6 AprilWeek 2012-13 JulieWeek 912–13 AprilUitspeelrondes19-20 JulieWeek 1019-20 AprilHalfeindronde26-27 JulieWeek 1126–28 AprilEindronde3 AugustusWeek 123-5 Mei

Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is Nota: Tye, datums en wedstrydplek is onderhewig aan verandering

Week 1 Slegs Australiese spanne.

Loslootjie: Waratahs

Week 2 Geen somertyd in Brisbane.

Loslootjie: Crusaders

Week 3 Geen somertyd in Brisbane.

Loslootjie: Brumbies, Highlanders, Kings

Week 4

Loslootjie: Force

Week 5 Geen somertyd in Brisbane.

Loslootjie: Blues, Rebels, Stormers

Week 6 Geen somertyd in Perth en Brisbane.

Loslootjie: Hurricanes

Week 7 Paasnaweek

Loslootjie: Sharks

Week 8 Sondag 7 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.

Loslootjie: Bulls, Chiefs, Reds

Week 9

Loslootjie: Waratahs

Week 10

Loslootjie: Blues, Rebels, Stormers

Week 11

Loslootjie: Highlanders

Week 12

Loslootjie: Cheetahs

Week 13

Loslootjie: Brumbies, Bulls, Crusaders

Week 14

Loslootjie: Kings

Week 15

Loslootjie: Hurricanes

Week 16

Loslootjie: Chiefs, Force, Sharks

Week 17 Slegs Australiese spanne.

Loslootjie: Reds

Week 18 Slegs Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse spanne.

Week 19 Slegs Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse spanne.

Week 20

Loslootjie: Cheetahs

Uitspeelwedstryde

Kwalifiserende ronde

Halfeindronde

Eindronde

Spelerstatistieke

Voorste driedrukkers Top 16 driedrukkersPosNaamDrieëSpan 1 Frank Halai 10 Blues 2 Israel Folau 8 Waratahs Hosea Gear 8 Highlanders Henry Speight 8 Brumbies Cam Crawford 8 Waratahs 6 TJ Perenara 7 Hurricanes Julian Savea 7 Hurricanes 8 Scott Higginbotham 6 Rebels Tim Nanai-Williams 6 Chiefs Willie le Roux 6 Cheetahs Rene Ranger 6 Blues Ben Smith 6 Highlanders Wimpie van der Walt 6 Southern Kings Ben Tameifuna 6 Chiefs Bundee Aki 6 Chiefs Jesse Mogg 6 Brumbies Bron: SARugby.co.za Besoek om 9:00 op 13 Julie 2013

Voorste puntemakers 10 voorste puntemakersPosNaamPunteSpan 1 Morné Steyn 248 Bulls 2 Christian Lealiifano 233 Brumbies 3 Beauden Barrett 186 Hurricanes 4 Quade Cooper 172 Reds 5 Patrick Lambie 171 Sharks 6 Dan Carter 170 Crusaders Joe Pietersen 170 Stormers 8 Gareth Anscombe 166 Chiefs 9 Demetri Catrakilis 142 Kings 10 Brendan McKibbin 139 Waratahs Bron: SARugby.net

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sport in 2013 Kategorie:Superrugby