Anguillidae, (varswater palings) is 'n vis-familie van die orde Anguilliformes. Die familie bestaan slegs uit een genus met sestien spesies waarvan vier in Suider-Afrika voorkom. Die familie is lank met die tipiese palinglyf. Daar is geen buikvin nie en die skubbe is baie klein. Die visse broei in die see uit, migreer na varswaterbronne en keer uiteindelik weer terug see toe om te broei.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Anguilla Anguilla bengalensis labiata - Afrika-bontpaling Anguilla bicolor bicolor - Kortvin-paling Anguilla marmorata - Madagaskar-bontpaling Anguilla mossambica - Geelbekpaling
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse