duimnael|links| duimnael|links|Tagalog se Baybayin-skrif Tagalog (Wikang Tagalog, [tɐˈɡaːloɡ]) is die belangrikste taal van die Filippyne en vorm saam met Engels die de facto amptelike tale van die Filippyne, met Filippyns as die de jure amptelike taal. Die taal word veral op die hoofeiland Luzon rondom die hoofstad Manila in die Sentraal-Filippyne gepraat. Daarbenewens word Tagalog deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstate Hawaii en Kalifornië. Dit is die grootste nie-Engelse taal van Hawaii, sowat 17,7% van alle huishoudings gebruik Tagalog.
Die naam "Tagalog" is afgelei van die endoniem taga-log ("rivierbewoner"), saamgestel uit tagá- ("inheems" of "van") en ilog ("rivier").
Taalkundiges klassifiseer Tagalog as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan Cebuano is. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Sien ook Tagalog Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Hawaii Kategorie:Kalifornië Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van die Filippyne Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika