Die saalvormige sleutelgatklipmossel (Dendrofissurella scutellum) is 'n klipmossel wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en tot 4 cm lank word. Alle ander sleutelgatklipmossels het 'n plat, ovaalvormige skulp met 'n gat in die middel. Hierdie spesie se skulp is saalvormig; dus wieg dit op 'n plat oppervlakte. Daar steek 'n sifon uit by die sleutelgat in die skulp waardeur die diertjie suurstofarme water uitspuit. Die diertjie leef in die lae tussengety- en benedegetysones.

Bron

Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Klipmossels