Ernst van Dyk OIS (gebore 4 April 1973) is 'n Suid-Afrikaanse handfiets-renjaer. Hy het 'n rekord van 10 rolstoel-titels in die Boston-marathon verower. In 2006 ontvang hy die gesogte "Laureus World Sports Awards"-toekenning en word as die "Gestremde sportpersoon van die jaar" aangewys.

Biografie Van Dyk is op 4 April 1973 in Ceres in die Wes-Kaap sonder bene gebore. Sy ouers, beide provinsiale atlete, het sy atletiese vermoëns raakgesien en hom aangemoedig om aan sport deel te neem. Hy begin sy skoolopleiding in Graaff-Reinet, maar die skool kon nie aan sy behoeftes voorsien nie. Daarna woon hy die Elizabeth Conradie-skool vir gestremde kinders in Kimberley by. Hy het in sy tienerjare nasionaal aan swemgalas deelgeneem. In 1992 skryf hy by die Universiteit Stellenbosch in en neem op die Barcelona Paralimpiese Spele aan swem en rolstoelresies deel. Daarna begin hy op rolstoel-atletiek konsentreer.

Hy woon in die Paarl met sy vrou en dogter, en besit 'n besigheid wat in sporttoerusting vir gestremdes spesialiseer.

Sportprestasies Tydens die Paralimpiese Somerspele van 2000 in Sydney wen hy 'n bronsmedalje in die 400 meter-rolstoelresies. In die daaropvolgende Spele van 2004 in Athene wen hy silwer in die 800 meter-rolstoelresies, nog 'n silwer in die 1500 meter, en 'n brons in die 5000 meter. In Beijing tydens die Paralimpiese Spele van 2008 wen hy goud in die handfiets-marathon asook 'n brons in die rolstoelmarathon. Die Spele in Londen was Van Dyk se sesde Paralimpiese Spele en die Spele in Rio de Janeiro se sewende.

Van sy ander prestasies sluit in: dubbele goud (padwedren en tydtoets) by die 2007 Wêreldfietsrykampioenskap in Bordeaux en silwer en ​​brons by die 2009 Wêreldfietsrykampioenskap in Italië.

Belangrike resultate duimnael|Ernst van Dyk (23) tydens die Londen-marathon in 2015 Jaar Boston-marathonBoston Athletic Association New York Stad-marathon Parys-marathon Los Angeles-marathon Londen-marathon "Great North Run" 2001Lêer:gold medal icon.svg1:25:12 2002Lêer:gold medal icon.svg 1:23:19Lêer:bronze medal icon.svg 1:45:16 Lêer:gold medal icon.svg 1:28:44 2003Lêer:gold medal icon.svg 1:28:32Lêer:silver medal icon.svg 1:35:36 2004Lêer:gold medal icon.svg 1:18:27 2005Lêer:gold medal icon.svg 1:24:11 Lêer:gold medal icon.svg 1:31.11 Lêer:gold medal icon.svg 2006 Lêer:gold medal icon.svg 1:25:29 Lêer:gold medal icon.svg 1:24:48 (CR) 2007 Lêer:gold medal icon.svg 42:35 2008Lêer:gold medal icon.svg 1:26:49 2009Lêer:gold medal icon.svg 1:33:29 Lêer:bronze medal icon.svg 1:28:59 2010Lêer:gold medal icon.svg 1:26:53 2011Lêer:bronze medal icon.svg 1:18:51 2012 2013Lêer:silver medal icon.svg 1:40:14 Lêer:bronze medal icon.svg 1:31:30 2014Lêer:gold medal icon.svg 1:20:36 Lêer:silver medal icon.svg 1:30:56 Lêer:bronze medal icon.svg 1:32:42 2015Lêer:silver medal icon.svg 1:36:27 Lêer:gold medal icon.svg 1:30:54 2016Lêer:silver medal icon.svg 1:24:06 1:35:23WR – WêreldrekordBR – Baanrekord

Verwysings

Eksterne skakels Ernst van Dyk se webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse sportlui Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense