duimnael|links|Gebiede van die Meksikaanse dwelmkartelle in 2010: duimnael|links|Moorde in Meksiko sedert 2006 met betrekking in die dwelmoorlog. Die Dwelmoorlog in Meksiko (Spaans: Guerra contra el narcotráfico en México) is 'n asimmetriese oorlog tussen die Meksikaanse staat en die Meksikaanse dwelmkartelle, wat amptelik op 11 Desember 2006 met Operasie Michoacan onder president Felipe Calderón begin het. Reeds in die 1990's en vroeë 2000's het gewelddadige konflikte tussen die dwelmkartelle en die regering onder president Vicente Fox plaasgevind.
Die belangrikste rede vir die oorlog is die dwelmhandel na die Verenigde State en Kanada, wat die kartelle tot 90% oorheers. Intussen is die kartelle ook in onwettige transaksies soos smokkelhandel van mense, wapensmokkelary en prostitusie betrokke.
Die invloedsfeer van die kartelle strek van Vancouver in Kanada tot die VSA, vanaf Guatemala tot Colombia en Wes-Afrika. In Noord-Meksiko aan die grens met die VSA het die kartelle die staat se houvas op vrede en geregtigheid geneutraliseer. So is Ciudad Juárez, aan die grens met die VSA, sedert die begin van die oorlog die stad met die meeste moorde per jaar. Elke dag word gemiddeld sewe mense vermoor.
Verwysings
Bronne Vulliamy, Ed, Amexica: War Along the Borderline, Bodley Head, 2010. Grillo, Ioan, El Narco: Inside Mexico's Criminal Insurgency, Bloomsburry Publishing, 2011. Gutierrez Aire, Jose, Blood, Death, Drugs & Sex in Old Mexico CreateSpace, 2012.
Eksterne skakels
Resultate gerapporteer deur die Ministerie van Verdediging, oorsig van 2008 Misdaadstatistiek in Meksiko Interaktiewe kaart van die dwelmoorlog volgens deelstate
Kategorie:Dwelms Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Oorloë Kategorie:Politiek van Meksiko