Die bokoogklipmossel (Cymbula oculus) kom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voor. Die skulp is plat, dofbruin met tien ribbe wat oor die rand steek. Daar is 'n swart rand aan die binnekant van die skulp. Die diertjie kom voor in die tussengetysone en word tot 10 cm lank.
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakels
Kategorie:Klipmossels