Die Cravenweek is 'n jaarlikse rugbytoernooi vir skoolseuns in Suid-Afrika. Die toernooi is vir die eerste keer in Julie 1964 georganiseer en is na die legendariese Springbok dr. Danie Craven genoem. Die toernooi staan tans as die "Coca-Cola Cravenweek" bekend, met Coca-Cola as die hoofborg. Jong spelers gebruik die kompetisie as 'n geleentheid om 'n moontlike rugbyloopbaan los te slaan, terwyl talentsoekers dit gebruik om nuwe spelers vir hulle provinsies te identifiseer.

Geskiedenis duimnael|Standbeeld van Danie Craven, na wie die kompetisie genoem is Die idee vir die toernooi kom van die Springbokflank Piet Malan in 1949, kort voor die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR) se 75ste verjaardag. Hy wou hê dat skole aan die feesvieringe deelneem en het Danie Craven in Potgietersrus om hulp genader.

Dr Craven lê die idee voor die raad, waarna besluit word om die 15 skoolunies vir 'n week bymekaar te kry. Die man wat die idee egter lewendig gehou het was Jan Preuyt, 'n voormalige student aan die Universiteit Stellenbosch en onderwyser by die Port Rex Tegniese Skool in Oos-Londen. Preuyt het vir Griekwaland-Wes rugby gespeel en was ook die voorsitter van die Grens Skole.

Op daai stadium was daar nie 'n Suid-Afrikaanse Skoleorganisasie nie en die Suid-Afrikaanse Rugbyraad was ook nie by skolerugby betrokke nie. Preuyt en Grens Skole sit daad by woord en reël die eerste Cravenweek-toernooi op hul eie inisiatief.

Die kompetisie begin met 15 spanne in 1964, groei tot 28 in 1987 en 32 in 2000. In 2001 word die formaat verander om vir 20 spanne voorsiening te maak.

Die kompetisie is sedert 1980 vir spelers van alle rasse oopgestel nadat Craven self versoek het dat dit gedoen word.

Uitslae Omdat daar geen amptelike eindstryd vir die Cravenweek-toernooi is nie, is daar elke jaar 'n groot wedstryd tussen die twee beste spanne tydens die toernooi. Die uitslag van hierdie belangrike wedstryde sedert 1971 is:

Hoofwedstryde tydens die Cravenweek Jaar Plek Wenner Telling Naaswenner 1971 Kimberley Westelike Provinsie 11–0 Griekwaland-Wes 1972 Potchefstroom Westelike Provinsie 16–9 Westelike Transvaal 1973 Stellenbosch Westelike Provinsie 36–7 Transvaal 1974 Johannesburg Westelike Provinsie 22–12 Suidwestelike distrikte 1975 Pretoria Oostelike Provinsie 46–13 Natal 1976 Wolmaransstad Boland 13–9 Vrystaat 1977 Oudtshoorn Oostelike Provinsie 19–17 Westelike Provinsie 1978 Middelburg Westelike Provinsie 12–3 Vrystaat 1979 Oos-Londen Noordelike Vrystaat 9–6 Vrystaat 1980 Stellenbosch Vrystaat 16–6 Transvaal 1981 Worcester Transvaal 11–7 Westelike Provinsie 1982 Windhoek Suidoostelike Transvaal 25–7 Noordelike Vrystaat 1983 Upington Vrystaat 13–9 Suidoostelike Transvaal 1984 Bloemfontein Transvaal 3–0 Oostelike Provinsie 1985 Witbank Vrystaat 23–15 Transvaal 1986 Graaff-Reinet Suidoostelike Transvaal 19–12 Westelike Provinsie 1987 Paarl Natal / Transvaal 22–22 N/A 1988 Port Elizabeth Westelike Provinsie 16–3 Vrystaat 1989 Johannesburg Transvaal 17–6 Oostelike Provinsie 1990 Durban Natal 18–8 Noordelike Transvaal 1991 Oos-Londen Noordelike Transvaal 10–9 Grens 1992 Pretoria Westelike Provinsie 22–15 Vrystaat 1993 Secunda Noordelike Transvaal 25–13 Suidoostelike Transvaal 1994 Newcastle Grens / Oostelike Provinsie 13–13 N/A 1995 Bloemfontein Vrystaat 15–13 Boland 1996 Stellenbosch Noordelike Transvaal 24–12 Westelike Provinsie 1997 Kimberley Noordelike Transvaal 29–27 Westelike Provinsie 1998 Vanderbijlpark Griekwaland-Wes 32–21 Westelike Provinsie 1999 George Westelike Provinsie 15–11 Oostelike Provinsie 2000 Port Elizabeth Poemas 19–18 Boland 2001 Rustenburg Suidwestelike distrikte 26–20 Blou Bulle 2002 Pietermaritzburg Westelike Provinsie 31–16 Vrystaat 2003 Wellington Westelike Provinsie 22–17 Vrystaat 2004 Nelspruit Vrystaat 17–16 Westelike Provinsie 2005 Bloemfontein Goue Leeus 38–15 Oostelike Provinsie 2006 Johannesburg Blou Bulle 35–20 Goue Leeus 2007 Stellenbosch Vrystaat 52–3 Westelike Provinsie 2008 Pretoria Suidwestelike distrikte 31–25 Vrystaat 2009 Oos-Londen Westelike Provinsie 19–17 Vrystaat 2010 Welkom Vrystaat 42–21 Westelike Provinsie 2011 Kimberley Vrystaat 28–17 Goue Leeus 2012 Port Elizabeth Blou Bulle 46–0 Goue Leeus 2013 Polokwane Westelike Provinsie 45–29 Goue Leeus 2014 Middelburg Oostelike Provinsie 25–7 Suidwestelike distrikte 2015 Stellenbosch Westelike Provinsie 95–0 Oostelike Provinsie 2016 Durban Westelike Provinsie 27–20 Goue Leeus 2017 Johannesburg Goue Leeus 45–18 KwaZulu-Natal 2018 Paarl Westelike Provinsie 47–8 KwaZulu-Natal 2019 Bloemfontein Westelike Provinsie 56–31 Blou Bulle 2020 gekanselleer weens die wêreldwye Covid-19-pandemie 2021 gekanselleer weens die wêreldwye Covid-19-pandemie 2022 Kaapstad Westelike Provinsie 29–21 Blou Bulle 2023 George Westelike Provinsie 29–5 Blou Bulle 2024 Krugersdorp Westelike Provinsie 37–24 Vrystaat 2025 Middelburg Westelike Provinsie 27–21 Suidwestelike distrikte

Verwysings

Eksterne skakels Tuiste van die Coca-Cola Cravenweek Rugby 365 Cravenweek se webtuiste

Kategorie:Rugbykompetisies in Suid-Afrika