Die peerklipmossel (Scutellastra cochlear) is 'n klipmossel (gastropood) wat feitlik aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die skulp is peervormig en word tot 7 cm lank. Die binnekant is glad, wit en blou getint met swart vlekke. Daar is 'n swart, u-vormige merk waar die diertjie se spier vasgeheg was binne die skulp. Die diertjie leef in die tussengetysone, gewoonlik aan die laagste strook.
duimnael|links|330px|'n Versameling skulpe van Scutellastra cochlear
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Klipmossels