Hierdie artikel is oor die seediertjie, vir die boom, sien Wildekastaiing.
Die Kaapse kastaiing (Parechinus angulosus) is 'n seekastaiing, is endemies aan Suid-Afrika en kom aan die Weskus en suidkus voor. In Engels staan die kastaiing bekend as die Cape urchin.
Identifikasie Die diertjie word tot 6cm lank. Die diertjie leef in 'n skulp en het dun, pers, rooi of groen stekels wat deur gaatjies uit die skulp steek. Die ongewerwelde diertjie leef in die tussengetypoele en rotspoele. Hulle vreet seewier (kelp) en alge. Die diertjie gebruik leë skulpe as hoede vir beskerming teen die son. Nadat die diertjie doodgaan is die skulp rond, hol, groenerig en knopperig. Die kastaiing se stekels verskaf beskerming vir jong perlemoen (Haliotis midae).
Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Kategorie:Seekastaiings