Die Agtskulpeendmossel (Octomeris angulosa) is 'n ongewerwelde seediertjie wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die skulp bestaan uit agt verskillende plate en is vuilwit van kleur. Die diertjie leef in die tussengetysone in rotsagtige gebiede waar hulle plate op die rotse vorm – styf teen mekaar gepak.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Skaaldiere