Die Loogkruid ("Sarcocornia perennis" (sensu auctorum austroafricanum) of Sarcocornia tegetaria ) is 'n meerjarige vetplant wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en tot 30 cm hoog word. Die plant neig om te rank en het blink, gelede stingels met geen sigbare blare nie. Hulle groei by riviermondstrande en soutmoerasse. Partykeer is hulle onder water met hooggety en vorm plate laag op die riviermond moddervlaktes.
Wetenskaplike naam Die Suid-Afrikaanse plant is deur A.J. Scott beskryf as Sarcocornia perennis 'n eetbare soort wat ook uit Europa bekend is. In 2009 het S. Steffen, L. Mucina en G. Kadereit op basis van molekulêre en morfologiese studies egter gevind dat dit twee verskillende soorte is. Hulle het voorgestel die Suider-Afrikaanse soort wat van Namibië tot Mosambiek voorkom S. tegetaria te noem. Hulle het egter ook gevind daar nog twee soorte is wat endemies is vir 'n paar plekke aan die Suid-Afrikaanse weskus wat hulle S. decussata en S. freitagii noem.Three new species of Sarcocornia (Chenopodiaceae) from South Afrika Kew Bulletin vol 54: 447-459 (2009)
Die Europese soort S. perennis is gebruik om kaliloog uit die as daarvan te wen, hoewel in Nederland daarvoor meer die soorte van die geslag Salsola gebruik is, wat in Nederlands daarom Loogkruid genoem word. In Nederlands word Sarcocoria soorte Zeekraal genoem. Die soort S. europaea word kort gekook (sonder sout) as groente geëet en dit lyk op spinasie.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Plants of the World
Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika