Palinggras (Zostera capensis) is knolagtige watergeofiet wat deel van die Zosteraceae familie is. Die spesie is inheems aan Angola, Comore-eilande, Kenia, Madagaskar, Mosambiek, Suid-Afrika en Tanzanië. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor.
Dit is 'n gras wat tussen 10 tot 20 cm lank word. Die plant het rankwortels en die blare is plat en dun met ronde punte en effens ingekeep. Die gras kom voor in riviermondings en soutmoerasse. Dit staan ook as seegras bekend.
Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Seegrasse Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië