Die Natalse duinevygie (Carpobrotus dimidiatus) is 'n plant wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek. Dit is 'n gewone ranksukkelent met dik, vlesige blare wat houtig word met ouderdom. Dit dra pers of puperrooi blomme wat een-een verskyn. Die plant groei op duine. Die blaarsap verlig bloublasie en jellievissteke. Bosbokke en duikers vreet die blare. Dit is ook 'n stabiliseerder van duine.

Die spesie staan ook bekend as die strandvygie.

Galery

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

dimidiatus Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika