Sunette Stella Viljoen (Rustenburg, 6 Oktober 1983) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige atleet wat in spiesgooi spesialiseer. Sy het ook vanaf 2000 tot 2002 in internasionale krieket vir die Proteas se vrouespan gespeel en onder meer tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 vir Suid-Afrika verskyn. Sy verteenwoordig haar vaderland tydens die Olimpiese Speles van 2004 in Athene, 2008 in Beijing, 2012 in Londen en 2016 in Rio de Janeiro.

Atletiek loopbaan Viljoen het goud gewen by die 2009 Summer Universiade byeenkoms in Belgrado met 'n afstand van 62,52 meter in die spiesgooi vir vroue. Tydens die kwalifiseringsronde het sy 'n nuwe Afrikarekord van 65,46 meter opgestel, wat haar landgenoot Justine Robbeson se rekord van 63,49 m, wat in Februarie 2008 in Potchefstroom opgestel is, oorskry. Op 14 Junie 2010 verbeter Viljoen haar eie rekord deur 66,38 m by die Josef Odložil gedenkbyeenkoms in Praag te gooi.

Viljoen verower 'n silwermedalje tydens die IAAF Wêreldkampioenskappe in Daegu, Suid-Korea op 2 September 2011. Met 'n gooi van 68,38 m verbeter sy die Afrikarekord. Later verbeter sy weer die Afrikarekord na 69,35 m tydens die Adidas Grand Prix byeenkoms in New York in Junie 2012. Tydens die Olimpiese Spele 2012 behaal sy 'n vierde plek.

By die 2013 Wêreldatletiekkampioenskap in Moskou het Viljoen die sesde plek behaal met 'n afstand van 63,58 meter. In 2014 was sy tweede op die Statebondspele. Later in dieselfde jaar wen sy die Afrikakampioenskappe met 'n afstand van 65,32 m.

Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio wen sy die silwermedalje in die spiesgooi vir vroue.

Titels Afrikakampioenskappe: Spiesgooi – 2004, 2008, 2010 Statebondspele: Spiesgooi – 2006, 2010 Universiade Kampioenskappe: Spiesgooi – 2009, 2011 Suid-Afrikaanse Kampioenskappe: Spiesgooi – 2003, 2004, 2006, 2009

Persoonlike rekords ItemAfstandDatumPlekSpiesgooi69,35 m (AR)9 Junie 2012New York

Verwysings

Eksterne skakels

Sunette Viljoen se IAAF-profiel Sunette Viljoen by CricketArchive Sunette Viljoen by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Olimpiese deelnemers