Die duinebiesie (Juncus kraussii) is 'n biesie wat deel van die Juncaceae familie is. Die spesies is inheems aan Argentinië, Australië, Brasilië, Chili, Lesotho, Mosambiek, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Tasmanië en Uruguay.

In Suid-Afrika kom die plant aan die hele kuslyn voor. Dit staan ook as iNcema bekend. Dit groei in polle en is 'n stywe, regop biesie met dun blare wat skerp punte het. Die biesie groei in riviermondstrande en soutmoerasse. Die plant word gebruik om tradisionele slaapmatte te vleg. Die biesie is uitgeroei op sekere plekke as gevolg van oorgebruik. Binne bewaringsgebiede word die oes van die biesie beheer.

Infraspesies Die spesie het drie infraspesies: Juncus kraussii subsp. austerus (Buchenau) Snogerup Juncus kraussii subsp. australiensis (Buchenau) Snogerup Juncus kraussii subsp. kraussii

Galery

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Kategorie:Juncus Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Chili Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nieu-Seeland Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tasmanië Kategorie:Flora van Uruguay