Die Wildecineraria of klambossie (Senecio elegans) is 'n lae, eenjarige struik wat aan die weskus van Suid-Afrika voorkom. Die liervormig gelobde blare is sag en harig en die blare is smaller en vetter by die kus. Hulle groei aan spreidende, harige stingels Die plant dra in die lente purperrooi madeliefieblomme met geel harte in los tuile op lang geskubde stele. Hulle groei op duine en is ryk aan stuifmeel en lok bye en kewers aan.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Plants of the World Online

Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika