Emo Adams (gebore Imraan Adams, 9 April 1978) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger en tv-persoonlikheid wat veral bekend is vir sy produksies saam met David Kramer en wyle Taliep Petersen.

Loopbaan Hy het die vermaaklikheidsbedryf op 9-jarige ouderdom met die rol van Broe'tjie in David Kramer en Taliep Petersen se District 6: The Musical betree. Sedertdien het hy die hoofrol van Kramer en Petersen se Kat & the Kings met lang speelvakke in Frankfurt, Wene, Las Vegas en Londen gespeel.

Adams het sy debuutalbum in 2007 getiteld "Tall, Dark & Afrikaans" vrygestel. In 2008 het hy die rol van Solly in die SAUK2 se mini-reeks "Malan en Kie". Hy is meer onlangs die aanbieder van die program Noot vir Noot ook op SAUK2, asook Jou Show Met Emo op kykNET.

Persoonlike lewe Adams is op 9 April 1978 in Mitchells Plain in Kaapstad gebore. Sy pa is Omar "Boeta Maan" Adams, ook ’n bekende in musiekkringe, en sy ma is Mardeah. Hy het ook 'n broer, Loukmaan.

Emo is op Nuwejaarsdag 2017 met Michelle Gildenhuys, 'n mej. Suid-Afrika-finalis van 2008, getroud. Die spogonthaal is by die Ashanti Landgoed in die Paarl gehou.

Filmografie 100 meter Leeuloop, 2013 Pretville, 2012 Alie Barber, op kykNET as Lovebite Malan en Kie op SAUK2 as Solly Jou Show Met Emo op kykNET

Diskografie Tall, Dark & Afrikaans, 2007

Eksterne skakels http://southafrica.co.za/emo-adams.html Alles oor Emo op briefly Youtube

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense