Die moeraskrap (Sesarma catenata) is 'n seedier wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom en tot 2,5 cm breed word. Die krap het 'n vierkantige karapaks wat bruin tot geel van kleur is. Die binnerande van die knypers is uitgevoer met hare of borseltjies. Die krap leef in sand- en moddervlaktes van riviermondings naby die hoogwatermerk. Hulle vreet modder- en sanddeeltjies om organiese plant- en diermateriaal daaruit te haal.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Krappe