Die Koraalnaakslak (Phyllodesmium serratum) is 'n seedier wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika. Die slak word tot 4 cm lank. Die slak het nie 'n skulp nie. Die liggaam is oortrek met lang, helderrooi of oranje kleurige uitsteeksels met 'n neonblou glans. Daar is 'n wit streep wat op die rug loop van kop tot tone. Die helder kleure waarsku roofdiere dat hulle giftig mag wees of sleg mag proe. Die slak leef in rotspoele en benedegetyriwwe. Hulle vreet seewaaiers en sponse.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakels

Kategorie:Slakke