Die seepampoen (Arctotheca populifolia) is 'n plant wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die blare is dig oortrek met wit hare. Die madeliefie tipe blomme het geel harte met 'n rand van onbeduidende dofgeel 'kroonblare' met ingeduikte punte. Die plant blom van September tot Mei. Die plant groei op duine waar dit as 'n stabiliseerder dien omrede hulle dik, wollerige matte vorm en ook sodoende winderosie beperk.
Die spesie kom ook in Mosambiek voor.
Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Plants of the World Online
Kategorie:Arctotheca Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika