Metis (Grieks: Μήτις), ook bekend as Jupiter XVI, is die heel binneste maan van Jupiter en die tweede kleinste van die planeet se vier binnemane. Dit is in 1979 deur Stephen P. Synnott ontdek op foto's deur Voyager 1 en is aanvanklik S/1979 J 3 genoem. In 1983 is dit hernoem na Metis, die eerste vrou van Zeus (die Romeinse god Jupiter se naam in die Griekse mitologie). In vroeg 1996 en September 2003 het die Galileo-ruimtetuig foto's van die maan se oppervlak geneem.
Die maan is baie asimmetries – die een deursnee is amper twee keer so lank as die kortste een. Dit is een van net drie mane in die sonnestelsel wat om ’n planeet wentel in ’n korter tyd as daardie planeet se dag; die ander twee is Adrastea (Jupiter) en Fobos (Mars).
Metis se wentelbaan val binne dié van Jupiter se hoofring en verskaf vermoedelik baie van die materiaal vir die planeet se ringe. Die maan se oppervlak is donker en het baie kraters, en lyk of dit ’n rooierige kleur het.
Dit wentel sowat 128 000 km van Jupiter af, binne-in die hoofring, om die planeet. Dit draai sinchronies met sy wentelperiode. Die wentelbaan word al hoe kleiner en die maan sal eindelik teen Jupiter bots.
Bronne
Eksterne skakels Metis-profiel
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mane van Jupiter