Die Breëvoetstrandluis (Pontogeloides latipes) is 'n ongewerwelde diertjie, isopood, wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die diertjie is deurskynend wit en beide pare tentakels is sigbaar. Die agterste aanhangsels het hare. Die diertjie leef in die tussengetysone op sandstrande. Hulle vreet enige organiese materiaal wat deur die getye uitgespoel word.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Isopode