Die Toringskulpslak (Turritella carinifera) is 'n ongewerwelde seeslak wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom en word tot 7 cm lank. Dit staan ook as die Skroefskulpslak bekend. Die slak se dop is 'n verlengde, gepunte skulp met 'n duidelike rif in die middel van elke winding. Die slak word onder rotse op die strand of op rotse in vlakker, benedegety waters aamgetref. Voeding - die slak stoot lang, taai drade in die stroom uit om kosdeeltjies te vang.
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Slakke