Die Driekolswemkrap (Ovalipes trimaculatus) is 'n seedier wat voorkom aan die kus van Suid-Afrika en dit word 4 cm breed. Die krap het 'n sandkleur en is gevlek met bruin spikkels. Dit het die kenmerkende treurige gesig-patroon op die rug. Die punt van elke poot is afgeplat in die vorm van 'n spaan; die krap is dus goed aangepas vir swem. Hulle leef onder die sand in die brandersone en vreet mossels en slakke - in besonder die ploegslak wat in die sand leef. Die skulpe word oopgebreek met die knypers en die vleis word dan in repies geskeur.
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Krappe