Die witseebasboom (Avicennia marina) is 'n wortelboom en dikwels die oorheersende boomspesie in wortelboommoerasse. Die wydverspreide spesie is inheems aan Afrika se ooskus, Suidwes-, Suid- en Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Seeland. In Afrika is hulle inheems aan Suid-Afrika, Madagaskar, Mosambiek, Tanzanië, Kenia, Somalië, Djiboeti, Eritrea, Soedan en Egipte. Op die Arabiese Skiereiland is die boom inheems in Saoedi-Arabië, Jemen en Oman. In Asië is die boom onder andere inheems in Iran, Pakistan, Indië, Sri Lanka, Bangladesj, suidoos China en Borneo.

Hulle groei ook weg van die see af aan die oewers van varswaterriviere. Dis gewoonlik 'n krom en knoetserige boom met kenmerkende pneumatofore wat uit sy ondergrondse wortels opkom. Dit is baie aanpasbaar en is 'n pionierspesie na versteurings in die maglietgemeenskappe.

Hulle word in die wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek aangetref. In Suid-Afrika kom dit voor op die kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die spesie word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) genoem, maar dit is nie aan evaluasie onderwerp nie.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van Bangladesj Kategorie:Flora van Borneo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Indië Kategorie:Flora van Iran Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nieu-Seeland Kategorie:Flora van Oman Kategorie:Flora van Pakistan Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Sri Lanka Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van die Volksrepubliek China