Die swartwortelboom (Bruguiera gymnorrhiza) is 'n wortelboom wat aan die seekant van wortelboommoerasse groei en met die Rooiwortelboom en Witseebasboom vermeng.
Die SANBI-rooilys gee dit as veilig (LC). Die boom kom in die ekostreek wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek voor, maar dit is nie endemies in Suid-Afrika nie. In Afrika is dit inheems in Suid-Afrika, Comore-eilande, Djiboeti, Madagaskar, Mauritius, Mosambiek, Seychelle, Tanzanië, Kenia en Somalië.
Dit is ook inheems in Australië waar dit in Nieu-Suid-Wallis, Noordelike Gebied en Queensland voorkom.
Dit het 'n Paleotropiese verspreiding en kom vanaf Suid-Afrika en Kenia tot aan Japan, Fiji en Vanuatu voor.
Sinonieme Bruguiera capensis Blume Bruguiera conjugata (L.) Merr. Bruguiera conjugata f. alba Stone Bruguiera gymnorhiza f. alba (Stone) Fosberg Bruguiera gymnorhiza var. palun Blume Bruguiera rheedei Blume Bruguiera rumphii Blume Bruguiera wightii Blume Bruguiera zippelii Blume Bruguiera zippelii var. oblongifolia Blume Rhizophora conjugata L. Rhizophora gymnorhiza L. Rhizophora palun DC. Rhizophora rheedei Steud. Rhizophora tinctori Blanco
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mauritius Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Seychelle Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië