Rhizophoraceae is die wortelboom-familie wat hoort tot die orde Malpighiales. In Suid-Afrika is daar vier boomspesies uit drie verskillende genera en drie verskillende families wat met wortelboom-moerasse geassosieer word; die genera Ceriops, Rhizophora en Bruguiera in hierdié familie. Daar is 120 spesies wêreldwyd wat hoort tot die familie waarvan tien in Suider-Afrika voorkom en almal is bome.

Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Grootblaaruiehout (Cassipourea gummiflua) Rooiwortelboom (Rhizophora mucronata) Swartwortelboom (Bruguiera gymnorrhiza) Uiehout (Cassipourea malosana)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Verwysings

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Malpighiales