James Thompson (18 November 1986 - ) is 'n Suid-Afrikaanse Olimpiese roeier wie se span in die 2012 Olimpiese Somerspele 'n goue medalje in die liggewig viermanspan roeikompetisie verower het. Thompson roei vir Tuks en het 'n graad in Sportwetenskap. Hy het ook 'n silwermedalje in die Wêreldbeker-regatta in Luzern, Switserland gewen gedurende Mei 2012.

Bron Goud! Goud! Goud!, Beeld 3, Augustus 2012

Kategorie:Suid-Afrikaanse roeiers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers