Die bosveldrooiklapperbos (Erythrophysa transvaalensis) is 'n beskermde boomspesie in Suid-Afrika, waar dit tot 'n area in Noordwes beperk is. Dit behoort aan die Sapindaceae familie en is inheems aan Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe. Weens die onderbroke verspreiding daarvan is daar al voorgestel dat die sade in vervloë tye as krale gebruik is, wat tot die verspreiding daarvan langs antieke handelsroetes sou bygedra het. Die boom se FSA-nommer is 436.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Erythrophysa Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe