duimnael|300px|Die perigeum (X) en apogeum (Y) van ’n voorwerp (B) in ’n baan om die Aarde (A).

’n Apside, of apsis, is die naaste en verste punt in die elliptiese wentelbaan van een hemelliggaam om ’n ander (meestal groter) een. Die lyn van een apside na ’n ander is die langste as van die ellips, oftewel die apsidelyn.

Om die twee punte te onderskei, word verskillende benamings vir die naaste en die verste punt gebruik, na gelang van die groter liggaam waarom die ander een wentel. ’n Paar voorbeelde is:

Hemelliggaam Grootste afstand Kleinste afstand Oorsprong van naam Algemene benaming  apoapside, apoapsis  periapside, periapsis Apside, apsis ’n Voorwerp om die Son  afelium, aphelium  perihelium Helios (Son) ’n Voorwerp om die Aarde  apogeum  perigeum Gaia (Aarde) ’n Voorwerp om die Maan  aposintium  perisintium Sintia (Artemis) ’n Voorwerp om Mercurius  apohermium  perihermium Hermes ’n Voorwerp om Venus  apokuterium  perikuterium Kutera, 'n eiland van Afrodite, Venus ’n Voorwerp om Mars  apomartium  perimartium Mars ’n Voorwerp om Jupiter  apojovium  perijovium Jupiter, Jove ’n Voorwerp om Saturnus  aposaturnium  perisaturnium Saturnus ’n Voorwerp om Uranus  apo-uranium  peri-uranium Uranos ’n Voorwerp om Neptunus  apoposeidium  periposeidiumVoorbeeld van gebruik: Poseidon ’n Voorwerp om Ceres  apodemeter  peridemeter Demeter ’n Voorwerp om ’n ster of dubbelster   apastron  periastron Astra, Latyn vir "ster" ’n Voorwerp om ’n sterrestelsel  apogalaktikum  perigalaktikum Galaksias, Grieks vir "sterrestelsel"

Die perigeum van die maan is dus die punt waar dit die naaste aan die Aarde is, en die afelium van die Aarde is die verste punt van die Son af.

Verwysings

Skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Hemelmeganika