duimnael|250px|Die kleinplaneet Ida en sy maan, Dactyl, soos in 1993 afgeneem deur die ruimtetuig Galileo.
’n Kleinplaneet-maan is ’n natuurlike satelliet wat in ’n wentelbaan om ’n kleinplaneet is. Daar word geglo baie asteroïdes en Kuiper-gordel-voorwerpe het mane en dat party taamlik groot is. Die ontdekking van mane om kleinplanete (en tweeledige voorwerpe in die algemeen) is belangrik omdat hul wentelbane wetenskaplikes ’n beter idee gee van die massa en digtheid van die primêre voorwerp. Dit gee dus ’n insig in die fisiese eienskappe wat nie andersins moontlik sou gewees het nie. Teen November 2011 is al 200 mane van kleinplanete ontdek.
Terminologie Benewens die terms satelliet en maan word die term "tweeledig" of "binêr" soms gebruik vir kleinplanete met mane (of "drieledig" vir kleinplanete met twee mane). As een voorwerp baie groter as die ander een is, word dit dikwels die primêre komponent genoem en die kleiner een die sekondêre komponent.
Oorsprong Wetenskaplikes is nie heeltemal seker hoekom sommige kleinplanete mane het nie en verskeie teorieë bestaan. ’n Algemene teorie is dat mane ontstaan wanneer ’n stuk van ’n kleinplaneet in ’n botsing met ’n ander hemelliggaam afbreek. Dit kan ook gebeur dat die kleiner liggaam deur die groter een aangetrek en in ’n baan gehou word.
Die afstande tussen kleinplanete en hul mane wissel van ’n paar honderd kilometer (Ida, Balam) tot meer as 3 000 km (Huenna) vir die asteroïdes. Onder die trans-Neptunus-voorwerpe is die afstande tussen 3 000 en 50 000 km.Noll, Keith S. "Solar System binaries", Asteroids, Comets, Meteors, Proceedings of the 229th Symposium of the IAU, Rio de Janeiro, 2005, Cambridge University Press, 2006., pp. 301–318 Preprint
Ontdekkings Teen Januarie 2012 was daar al meer as 200 bekende mane van kleinplanete. In 1978 is al vermoed dat Herculina, in die Asteroïdegordel, ’n maan hetSatellite of Minor Planet 532 Herculina Discovered During Occultation. David W. Dunham, The Minor Planet Bulletin, Volume 6, p.13–14 (Desember 1978) ADS archive copy en daarna was daar verslae van ander sulke mane. Die eerste asteroïdemaan is egter eers in 1993 bevestig toe die ruimtetuig Galileo die maan Dactyl ontdek in ’n wentelbaan om Ida, ook in die Asteroïdegordel. Die tweede een is in 1998 ontdek om Eugenia. (Eugenia AO image) In 2001 het Patroclus en sy metgesel van dieselfde grootte, Menoetius, die eerste bekende tweeledige stelsel van die trojaanse asteroïdes geword. Die eerste tweeledige Trans-Neptunus-voorwerp was 1998 WW31, in 2002.Chiang, E.; Lithwick, Y.; Buie, M.; Grundy, W.; Holman, M.; A Brief History of Trans-Neptunian Space, to appear in Protostars and Planets V (August 2006) Final preprint on arXiv
In 2005 is ontdek die asteroïde Sylvia het twee satelliete, en dit was dus die eerste drieledige kleinplaneet. In dieselfde jaar is gevind Eugenia het ook nog ’n maan. Ook in 2005 is ontdek die Kuiper-gordel-voorwerp Haumea het ook twee mane, die tweede dwergplaneet in dié gordel naas Pluto.
Verwysings
Asteroids with Satellites web page, maintained up to date by W. Robert Johnston; and references therein. (last accessed 13-03-2007) The VOBAD database a web page built and designed by F. Marchis and his collaborators (UC-Berkeley/SETI Institute) which contains the parameters of 169 multiple asteroid systems (last update May 9, 2009)
Eksterne skakels Orbits of Binary Asteroids with Adaptive Optics (Franck Marchis) Satellites and Companions of Minor Planets (CBAT) Asteroids with Satellites (Robert Johnston)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mane van kleinplanete