duimnael|regs|Voorstelling van 'n liniaal met millimeter- en sentimetermerke duimnael|regs|Dwarssnit van 'n plantstingel met 'n deursnee van 4 mm. Die plantselle binne die ginkgo-stingel is hier duidelik sigbaar. 'n Millimeter (simbool: mm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter afgelei is. 'n Millimeter is die grootte van een duisendste deel van 'n meter. Die voorvoegsel milli is van die Latynse woord vir duisend afgelei.

'n Millimeter is gelyk aan 1 000 mikrometer en 1 000 000 nanometer. Daar is 25,4 mm in een duim.

Reën Daarnaas word millimeter ook dikwels gebruik om 'n hoeveelheid reën op 'n oppervlak aan te dui. In hierdie konteks is 'n millimeter onafhanklik van die grootte van die oppervlak. Een millimeter reën dui een liter water op elke vierkante meter aan (1 L/m² = 1 dm³/m² = 1 000 000 mm³ / 1 000 000 mm² = 1 mm³/mm² = 1 mm).

SI-veelvoude Veelvoud Naam Simbool Veelvoud Naam Simbool100 meterm   103 kilometerkm10–3 millimeter mm106 megameterMm10–6 mikrometer µm109 gigameterGm10–9 nanometernm1012 terameterTm10–12 pikometerpm1015 petameterPm10–15 femtometerfm1018 eksameterEm10–18 attometeram1021 zettameter Zm10–21 zeptometer zm1024 jottameterYm10–24 joktometer ym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

Veelvoud Naam Simbool Veelvoud Naam Simbool101 dekameterdam10–1 desimeterdm102 hektometer hm10–2 sentimeter cm10–10 Ângström Â

Kategorie:Eenhede Kategorie:Lengtemate